Meer oor ons
Centurion Musiekakademie BK is gebaseer in geboue wat ons van die Hoërskool Centurion in Selbornelaan, Lyttelton Manor, Centurion huur.
Die eksaminerende organisasies waarvoor die CMA hul leerders inskryf is UNISA, Royals Schools of Music, en Trinity College of Music. Kandidate word ook jaarliks ingeskryf vir die Pretoria Eisteddfod en die Centurion Kunstefees. Deelname aan enige van die eksamens of kompetisies is altyd vrywillig. Jaarliks word daar ook ‘n konsert aangebied waaraan leerders deelneem.
Mev. Elke Koppers staan aan die hoof van die CMA as Hoof en Administratiewe bestuurder, terwyl Mev. Elsie Potgieter die Akademiese en Artistieke bestuurder is. Meer inligting oor die twee dames kan gelees word deur op hul name te kliek en die aanwysings in die webwerf te volg.
Vir meer inligting kontak asseblief Elke Koppers by 0832972633 of voltooi die kontakvorm.


Ons missie
Ons doel by die Centurion Musiekakademie is om die wêreld van musiek beskikbaar te maak aan diegene wat graag hul lewe wil verryk deur musiek te beoefen. Ons aspireer om onderrig op die hoogste professionele vlak te lewer aan leerders wat beoog om musiekeksamens af te lê, en ook aan leerders wat dit slegs as ‘n tydverdryf en uitsluitlik vir plesier wil beoefen. Om hierdie doel te bereik, en indien die leerder dit so verlang, help ons leerders om voor te berei vir eksaminering deur die vernaamste eksaminerende organisasies.