Viool
Nadat Frieda Matriek behaal het, het Frieda gekwalifiseer as violiste en onderwyser aan die Konservatorium van Pretoria. Haar dosent was Willem Mathlener. Sy kwalifiseer met ‘n Konsert Diploma. Sy ontvang ook verdere opleiding onder bekende name soos Mnr E Brudrich, Allan Solomon en Betty Pack. In 1965 behaal sy die U.O.L.M. diploma. Frieda se ondervinding sluit in onderrig aan privaat leerders terwyl sy ook werksaam is aan die Hoërskool Waterkloof en die Laerskool Elarduspark. As voordraer het sy deelgeneem aan verskillende orkeste en ensembles. Die orkeste sluit in die Tukkie Simfonieorkes, Pretoria Sinfonie en die orkes van die Joodse Gilde.
Sy is tans steeds betrokke by ensemblespel.