Skip to content

Populere Kitaar

Stiaan het die vermoë om op ‘n baie natuurlike manier kitaar te speel. Sy musikale instink lei hom en daarom het hy reeds op sestien jarige ouderdom lid geword van ‘n orkes. Gou daarna het hy ook begin klas gee.

Huidiglik is hy by twee orkeste betrokke naamlik Skinnee Sunrise en Them Dirty Shrikes. Altwee orkeste het al by Oppikoppi en ander bekende- en populêre platforms opgetree. Stiaan speel ook vir skoolproduksies en musikale blyspele waar die musiek oor dekades heen verskillende style verteenwoordig. Baie van die musiek het ook ‘n storie element.

Stiaan is ‘n kitaarspeler wat homself kan uitdruk in die skryf van sy eie musiek en ander illustrasies. Hy skryf resensies van albums en ander gebeurtenisse rondom die musiek bedryf veral vir FortHey.co.za. ‘n Reeks van illustrasies vir Skinnee Sunrise se debuut album wat in 2018 vrygestel is, is ook deur hom geskryf.

Onderrig in die kitaar as instrument bly egter nie agterweë nie. Stiaan is gemaklik daarmee om klas te gee vir leerlinge wat wil speel vir plesier of om leerlinge vir Unisa eksamens asook Trinity se “Pop en Rock School” eksamens, vakmusiek en die teoretiese eksamens tot en met Gr 5 af te rig.

Lees hier oor die Kitaar – Populêr.

Back To Top