Skip to content

Die speel van ‘n instrument is ‘n kunsvorm wat beinvloed word deur verskillende aspekte. Die belangrikste daarvan is die inherente aanleg/talent vir musiek, jou tegniese kundigheid en bereidwilligheid om te werk tot die beste van jou vermoë. Omdat musiek ‘n kuns is wat op tegniese kundigheid staatmaak, kan daar nooit eintlik aanvaar word dat ‘n instrument, of the musiek maak daarmee, ten volle bemeester is nie. Vir die ware musiek liefhebber behoort dit ook nie die uiteindelike doel te wees nie, aangesien dit uitsluitlik die maak van musiek is wat die plesier verskaf aan beide die toehoorder en die uitvoerder.

Nie te min kan daar vaagweg gesê word dat ‘n leerder na, tussen 6 maande en ‘n jaar, eenvoudige stukkies musiek behoort te kan speel. Dit hang egter af van aspekte soos die vlak waarop lesse begin word (beginner, of reeds gevorder, ens.,) ouderdom, beskikbare tyd vir oefening, en kwaliteit van instrument, om maar net ‘n paar te noem. As ‘n algemene reël, is dit so dat die meeste klassiek musikante kan begin werk as professionele musikante na tussen 5 en 7 jaar se intensiewe studie.

Angesien leerder meestal nie van plan is om musiek ‘n loopbaan te maak nie, kan daar dus redelik veilig aanvaar word dat eenvoudige items na ‘n jaar se lesse gespeel sal kan word.

Please log in to rate this.
0 people found this helpful.


Indien u vroegtydig kennis gee dat u ‘n les nie sal kan bywoon nie, kan ‘n ander lestyd met die onderwyser gereël word.

Indien u nie die onderwyser 24 uur voor die les in kennis stel dat u dit nie kan bywoon nie, of indien u ‘n les sonder kennisgewing nie bywoon nie, word die les verbeur.

Indien u onderwyser vir enige rede nie sy/haar les kan bywoon nie, sal die onderwyser met u reël vir ‘n nuwe lestyd op ‘n dag wat u beide pas.

Please log in to rate this.
1 person found this helpful.


Die doel van kontrak is om beide die belange van die leerders, die onderwysers en die CMA as’n instansie the beskerm. Deur akkoord daarmee te gaan en dit te onderteken erken u dat u saamstem met die inhoud daarvan.

Indien u nie met enige van die klousules in die kontrak saamstem nie, moet u dit nie onderteken nie.

Soos enige ander kontrak waarmee u mag akkoord gaan, is al die kousules van die CMA se kontrak wettiglik bindend sodra u dit onderteken en dit aanvaar het, en dit ook deur die verteenwoordigers van die CMA onderteken is. Dit word sterk aanbeveel dat u kennis neem van alle klousules in die kontrak, en indien u enige voorbehoude of vrae het, u dit eers met die bestuur en/of u regsverteenwoordiger bespreek voor u die ooreenkoms onderteken.

Please log in to rate this.
0 people found this helpful.


Die die ooreenkoms met die CMA te onderteken, kom u ooreen om die volle jaar se fooie vooruit te betaal. Om die betaling van die fooie vir sommige leerders (of hulle sponsors) te vergemaklik, kan reëlings getref word om die jaarfooi oor ‘n sekere tydperk af te betaal. Die maksimum tydperk wat toegestaan sal word is tien maande. Die toegewing en besluit om leerders op hierdie manier tegemoet te kom berus uitsluitlik by die bestuur van die CMA, en kan slegs na samesprekings met die bestuur ooreengekom word. Enige toegewing om afbetaling van die jaarfooi oor ‘n ooreengekome tydperk te aanvaar, sal nooit as ‘n erkening geinterpreteer word dat leerders slegs betalings maak vir lesse wat gedurende ‘n spesifieke maand ontvang word nie. Die implikasie bly steeds dat enige sulke betalings gedeeltelike betaling is van die totale jaarfooi.

Please log in to rate this.
0 people found this helpful.


Aanvanklik teken u ‘n kontrak vir ‘n volle jaar se onderrig (of die oorblywende gedeelte van die jaar.) Dit is egter moontlik om die kontrak te kanselleer dear twee kalender maande kennis te gee. Enige fooie wat u betaal het vir die tydperk na die kennisgee tydperk word aan u terug betaal by ontvangs van die geskrewe kennisgewing.

Om die proses te vergemaklik is daar ‘n spesiale vorm wat u kan gebruik om kennis te gee.

Please log in to rate this.
0 people found this helpful.


Daar is geen lesse gedurende vakansies of op vakansiedae nie, fooie word ook nie gehef vir lesse gedurende vakansies nie.

Die jaarfooi is uitsluitlik gebaseer op skoolweke en sluit geen weke in wat gedurende vakansies val nie. Daarom betaal u nooit vir enige lesse gedurende vakansies of wat op toevallige vakansiedae val nie.

Daar is ongeveer 40 skoolweke in ‘n jaar, en die jaarfooie is gebaseer op ‘n 40-week skooljaar.

Sou u egter wel lesse wil ontvang op vakansiedae of gedurende skoolvakansies, kan dit gereël word in samewerking met u underwyser en die bestuur. U sal ‘n adisionele rekening ontvang vir sulke bykomstige lesse.

Please log in to rate this.
0 people found this helpful.


Back To Top