skip to Main Content

Indien ‘n leerder reeds besluit het op watter instrument hy/sy onderrig wil ontvang is die registrasie proses redelik eenvoudig. Dit gebeur dikwels dat leerders wat graag musiek onderrig wil ontvang advies nodig het met die keuse van ‘n instrument. Vir meer inligting kliek op enige van die onderstaande stappe om direk daarheen geneem te word.

Die volgende faktore behoort in ag geneem te word wanneer ‘n instrument gekies word:

  • Is daar ‘n onderwyser beskikbaar vir die instrument van my keuse?
  • Is ek oud genoeg om op die instrument van my keuse as ‘n beginner te leer speel? Byvoorbeeld: ‘n leerder van vyf jaar wil graag leer fluit speel, maar op daardie ouderdom is hy/sy nog te klein om die fluit fisies te hanteer. ‘n Moontlike oplossing sou wees om met blokfluit of die Fife te begin, en om sodoende ‘n grondige musikale basis te bou. Beide instrumente is meer toeganklik vir jong beginners en die proses om later voort te gaan met die fluit ‘n natuurlike oorgangs proses.
  • Hoe duur is dit om die instrument van my keuse koop? Instrumente is duur, veral as ‘n mens na die beter kwaliteit instrumente kyk. ‘n Opsie is om ‘n tweede handse instrument aan te koop, maar so iets moet slegs onderneem word met die hulp en advies van ‘n kenner.
  • Is dit dalk moontlik om ‘n instrument te huur, terwyl ek nog nie my eie instrument besit nie? Die CMA beskik oor ‘n aantal instrument wat gehuur kan word – raadpleeg asseblief die bestuur in verband hiermee.
  • Laat my omstandighede my instrument keuse toe?Byvoorbeeld: Ek wil graag leer om die Tuba te speel, maar woon in ‘n woonstel gebou. Die oefen van die tuba in ‘n woonstel gebou kan moontlik probleme met my bure veroorsaak.

Die CMA se onderwys personeel is altyd bereid om advies te verleen t.o.v. die keuse van ‘n gepaste instrument vir beginners. Indien u nog huiwer, en graag advies sou wou inwin, word u vriendelik uitgenooi om enige van die onderwysers van die CMA te nader vir hulp.

Alvorens ‘n instrument aangekoop word, beveel ons aan dat ‘n onderwyser geraadpleeg word om te verhoed dat ‘n swakker kwaliteit instrument gekoop word. Dit is ‘n belangrike stap wat ‘n mens heelwat geld kan spaar.

Indien daar meer as een onderwyser dieselfde instrument aanbied, is dit moontlik om te kies by wie die lesse gaan plaasvind. Die betrokke onderwyser moet egter plekke beskikbaar hê om ‘n leerder te kan plaas.

Bestudeer en pas die volgende instruksies toe:

  1. Lees eers die Reëls en Bepalings van Ooreenkoms baie deeglik. Die Reëls en Bepalings van Ooreenkoms kan afgelaai word onder registrasievorms. Die inhoud van hierdie boekie bevat die basiese en eksklusiewe ooreenkoms tussen u en die CMA. Deur die Ooreenkomskontrak te teken (sien die volgende klousule), erken u dat u vertroud is met die inhoud van die Reëls en Bepalings, en daarmee gepaard gaan. Dit is belangrik dat indien u onseker is oor enige van die bepalings, u dit vooraf bespreek met ‘n lid van die bestuur.
  2. Registrasie. Om te registreer vir die jaar se onderrig, moet u die registrasievorm volledig voltooi en onderteken soos aangedui. Die registrasievorm, wat uit twee bladsye bestaan is op aanvraag beskikbaar, of kan hiervandaan afgelaai word onder registrasievorms. U registreer vir ‘n volle jaar se onderrig (of die oorblywende gedeelte van die jaar), en al die akademiese lesperiodes vir daardie tydperk word vir u vooraf bespreek. Daar is egter ‘n kansellasie klousule wat u sou toelaat om aansoek te doen vir kansellasie van die kontrak. Let wel dat die kasellasie tydperk twee kalender maande is.
  3. Lengte van lestye. Besluit, tesame met die onderwyser, wat die beste lengte van lestyd sal wees vir u spesifieke geval – u jaarfooi word daarvolgens bepaal.
  4. Jaar Fooi. Tydens registrasie word ‘n jaar fooi of pro-rata fooi en ‘n registrasie fooi gehef. Indien toepaslik word ‘n deposito en huurfooi by u rekening gevoeg. Hierdie bedrag is betaalbaar by registrasie, alvorens enige onderrig sal plaas vind. ‘n Lys van Jaar fooie is ook beskikbaar van die registrasieblad.
  5. Paaiemente. Die CMA kan instem dat u die jaar fooi in paaiemente van 2, 4, 6, 8 of 10 maande kan betaal. Indien die volle jaar fooi in een of twee paaiemente  vooruit betaal word, kwalifiseer u vir ‘n afslag. NEEM KENNIS: the paaiementskema is uitsluitlik onderworpe aan die besluit van die CMA en kan geweier word. Daar word ook ‘n klein administratiewe fooi op paaiemente gehef.
  6. Eerste paaiement. U eerste paaiement word betaal ten tye van registrasie en sal die bedrag wees wat op die regsistrasie vorm bepaal is.
  7. Geldigheid van mondelingse ooreenkomste. Geen mondelingse ooreenkomste of reëlings word aanvaar nie.

Alhoewel u kontrak met die CMA vir die volle akademiese jaar geldig is (of die oorblywende gedeelte van die jaar, afhangende van die maand van registrasie) kan aansoek gedoen word vir die kansellasie van die kontrak deur die nodige vorm te voltooi. Die vorm kan hier afgelaai word of is by die bestuur beskikbaar. Neem kennis: die kansellasie tydperk is twee kalender maande vanaf die inhandiging van die kansellasie vorm. Indien u enige verder inligting benodig, raadpleeg asseblief ‘n lid van die bestuur.

Back To Top