Skip to content

Aangesien die uitvoer van musiek ook ‘n belangrike en goed-geformuleerde teoretiese komponent bevat, maak musiekteorie ‘n belangrike van die onderrig by die Centurion Musiekakademie.

Musiekteorie begin met voor-graad 1 vir die jong beginner en vorder progressief tot graad 8. Dit is ook moontlik om daarna professionele diplomas en lisensiaat eksamens te skryf. Die inhoud van die grade vorder progressief sodat die leerder later vierstemmige harmonie, melodie skryf ens. kan bemeester. ‘n Goeie grondslag word ook gelê in Musiekgeskiedenis en die style van die verskillende musiek tydperke.

Dit word in die algemeen aanvaar dat instrumentaliste met ‘n goeie teoretiese grondslag meestal in staat is om meer stylisties aanvaarbare uitvoerings te gee en met meer selfvertroue in vergelyking met die wat nie die kennis het nie. Net soos met die praktiese eksamens, is daar twee eksamen sessies per jaar. Dit is nie nodig om al die teorie eksamens te skryf nie, maar die werk sal progressief gevolg word om al die werk te leer wat benodig word vir ‘n beoogde eksamen. Elke eksaminerende organisasie beskik oor hulle eie reëls betreffende voorvereistes vir praktiese eksamens en meer gevorderde eksamens en die skryf van eksamens moet daarvolgens gedoen word.

MUSIEKTEORIE AS INTEGRALE DEEL VAN INSTRUMENTALE ONDERRIG

Leerders kan kies om Musiekteorie te studeer tesame met hul praktiese werk. Lesse word gewoonlik langer gemaak om die teoretiese werk te akommodeer en dit kan die koste van die lesse opstoot.

Back To Top