Skip to content

Kontak

Sel: 083 297 2633

Faks: 0866621251

E-pos: [email protected]

Hoof en Administratiewe Bestuurder

Elke het haar B Mus graad in 1989 met lof aan die Universiteit van Pretoria behaal. In 1992 voltooi sy ook haar Hon B Mus graad. Sy beskik ook oor ‘n HOD met Musiek en Engels (1990) en ‘n Diploma in Musiek (1990) met harmonie en kontrapunt as vakke.

Vanaf 1991 het Elke onderrig verskaf in fluit, blokfluit, klavier, klawerbord en musiekteorie by verskillende skole, wat insluit Kemptonpark Hoërskool, Kensington Hoërskool en Pro Arte.

Elke het ook ondervinding in musiek-setwerk en publikasie en het haar eie musiek uitgewery gehad vanaf 1992 tot 2000.

Vanaf die begin van 1992 tot aan die einde van 2002 het sy onderrig gegee by die Musieksentrum van Hoërskool Centurion. Aan die begin van 2003 is die Musieksentrum geprivatiseer en het dit die Centurion Musiekakademie geword, waar Elke aktief werksaam is as medestigter en as Hoof en Administratiewe Bestuurder.

 

Elke onderrig die volgende instrumente:

Back To Top